Taxi-vakbond sê hulle is gesaboteer

Lede van die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie sou na verwagting op 26 Julie in Windhoek staak. Die staking was deel van die vakbond se eis van ‘n tariefverhoging van 40 persent. Hulle en sê taxi-tariewe is vir ten minste twee jaar nie aangepas nie, ondanks stygende brandstofpryse, onderhoudskoste en ander uitgawes. Die staking het nie gerealiseer nie. Werner Januarie van die vakbond het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is gesaboteer.