Eerste medalje by Statebondspele, en daar’s hoop vir nog vandag

Cabous Olivier en JP Fouché het hul ronde rolbal teen Norfolk-eiland gewen. Die twee speel weer vanoggend vanaf half-11. Helalia Johannes het Namibië se eerste medalje, brons, by die Spele ingepalm met ‘n derde plek in die marathon. In die mansafedling het Tomas Rainhold 13de ingekom.  Om een-uur is daar weer driekamp en later is daar boks waar Namibië verteenwoordig word.