Taxi-kapers nog soek

‘n Dankie Botswana Corolla-taxi met die registrasiemerk N 168687 W en taxi-nommer J 266 is vroeër vandag in Windhoek gekaap. Die bestuurder was besig om sy taxi te was, toe hy glo deur vier aanvallers op die grond gedruk is voordat hulle met sy taxi weggejaag het. Die taxi is later deur die Namibiese polisie gevind, maar Nampol se bevelvoerder in die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson, sê die verdagtes is nog op vrye voet.