Cyril Ramaphosa beraadslaag Sondagaand met Koronavirus-bevelsraad

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa hou Sondagaand ‘n vergadering met die Nasionale Koronavirus-bevelsraad na aanleiding van die bevestiging van ‘n nuwe variant van die virus. Die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, sê in ‘n verklaring die uitslag van die vergadering sal in die komende dae bekend gemaak word. Hy sê die ontdekking van die nuwe variant bewys die hoë vlak van wetenskaplike navorsing by die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes. Gungubele het Suid-Afrikaners gemaan om hulle te laat inent en waaksaam te bly vir die virus.