Premier van KwaZulu-Natal sê daar was nie genoeg hulpbronne tydens onluste

Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê daar was nie genoeg hulpbronne om die openbare wanorde te hanteer tydens die oproer in Julie nie. Die uitvoerende hoof van die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, Palese Phili, het getuig die provinsiale kommissaris en sy generaals was vir verskeie dae tydens die oproer nêrens te sien nie. Hy het by die Menseregtekommissie se ondersoek na die onrus getuig. Zikilala sê voldoende hulpbronne moet aan die polisie verskaf word om hierdie soort situasies te hanteer.