Covid laat skoolkinders wees

Nadat die Namibiese adjunk-onderwyserminister Faustina Caley haar kommer uitgespreek het oor die sielkundige uitwerking van talle leerders wat weens die Covid-sterftes van hul ouers weeskinders word, het die Namibië Nasionale Studente-organisasie, oftewel Nanso se woordvoerder, Esther Shakela, ook gesê sy is bevrees oor die tol wat die pandemie op studente gaan eis. Die studenteraad het ‘n siekundige ondersteuningseenheid, asook ‘n tolvrylyn wat ondersteuning bied. Shakela het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.