Taxi-bestuurders kan weer aansoek doen as brandstofprys styg

Taxi-bestuurders het nog nie ‘n styging ontvang in hul fooie sedert die brandstofprys begin styg het na Rusland se inval in die Oekraïne nie. Die bedryf kla omdat die prys steeds hoog is en daar is voorspellings dat dit moontlik volgende week met die aankondiging van die brandstofprys vir November weer sal styg. Die woordvoerder van die ministerie van vervoer Julius Ngweda sê sou die prys volgende week styg, en hulle ontvang ‘n aansoek vir ‘n verhoging, sal die vervoerraad dit weer oorweeg.