Jerry Lee Lewis, laaste van goue era, sterf op 87

Jerry Lee Lewis, die berugte sanger agter Great Balls of Fire, is op die ouderdom van 87 oorlede. Hy word beskryf as een van die laaste sterre van rock ‘n roll se goue era maar sy lewe is ook deur skandale en geweld ontsier. Sy loopbaan is kortstondig gestaak toe hy op 22-jarige ouderdom met sy 13-jarige niggie Myra Gale Brown getrou het. In ‘n verklarig het Lewis se agent hom beskryf as die laaste ware, groot ikoon van die geboorte van rock ‘n roll. Hy was daar, heel aan die begin, met name soos Elvis, Johnny Cash, Chuck Berry, Little Richard, Carl Perkins, en Buddy Holly. Lewis is by sy huis in Desoto County, Mississippi, oorlede met sy sewende vrou, Judith, aan sy sy.