Taxi-bedryf sal swaarste geraak word met heffings op bande

Die Nasionale Taxi-alliansie in die buurland sê die taxi-bedryf sal die swaarste geraak word as nuwe heffings op voertuigbande ingestel word en die prys van taxi-bande met 41 persent styg. Die prys van klein passasiers-voertuigbande sal met 38 tot 40persent styg, terwyl vragmotor- en busband-pryse met 17 persent sal toeneem. Die alliansie se woordvoerder, Theo Malele, sê bande is die derde grootste uitgawe in die vervoerbedryf, ná lone en brandstof. Malele voeg by bykomende heffings sal ‘n beduidende uitwerking hê op die koste van vervoer en padveiligheid.