Man red vyf kinders uit brandende huis in Indiana

Die Amerikaanse stad Lafayette in Indiana het ‘n nuwe held nadat die 25-jarige Nicholas Bostic ‘n brandende huis binnegestorm, ‘n gesin na veiligheid geneem en ‘n jong dogtertjie gered het. Bostic het verby ‘n huis gery wat in vlamme gehul was en sy krete het blykbaar vier kinders en ‘n gesinsvriend wakker gemaak. Nadat almal veilig na buite is, het Bostic teruggekeer en ‘n sesjarige meisie gered wat in die brandende huis vasgekeer was. Sy is ongedeerd, maar Bostic het eerste-graadse brandwonde, ‘n ernstige sny aan sy arm en rook-inaseming opgedoen.