Skaapprodusente stuur eerder skape na Suid-Afrika

Gedurende die eerste helfte van 2022 het bees-bemarking met 20,3 persent toegeneem, skaap-bemarking met 39,8 persent, bok-bemarking met 8,5 persent, maar vark-bemarking het met met 52,1 persent afgeneem vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Plaaslike varkvleis-produksie het slegs in 47 persent van die plaaslike mark-vraag voorsien, wat die behoefte aan invoer verhoog het. Plaaslike skaap-produsente het weens prysverskille sowat 73 persent van hul skape na Suid-Afrika gestuur, waar plaaslike produsente volgens die Vleisraad hoër pryse behaal het. Noord-Kaapse abattoirs betaal 6 Namibiese dollar 84 sent per kilogram meer as plaaslike abattoirs in Namibië.