Tasa verheug oor Lüderitz-vlugroete
Die Namibiese toerismesektor is verheug oor FlyNamibia se nuwe vlugroete tussen Windhoek en Lüderitz wat na verwagting handel en toerisme sal bevorder. Verdere internasionale beleggings word verwag wat ‘n blink toekoms vir Lüderitz aandui. Total Energies Namibia, weens sy betrokkenheid in die aflandige olie- en gasbedryf het ‘n groot rol gespeel met die vestiging van die roete. Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging van Namibië, Tasa, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…