Cope se president geskors

Cope het die party se president, Mosiuoa Lekota, as ‘n voorsorgmaatreël geskors. Die party sê Lekota is geskors oor die rol wat hy speel om die party te verdeel. Cope se adjunkpresident, Willie Madisha, sê Lekota het vergaderings belê om parallelle strukture binne die party te vorm. Lekota is sedert 2008 die party se president.