‘Tandartse’ verskyn weer op Walvisbaai

Die man en die vrou wat hulle as tandartse voorgedoen het, verskyn weer vandag in die Walvisbaai-landdroshof. Gabriel Gabriel en Elina Mutewa is op 2 Junie vanjaar na ‘n spesiale operasie aan die  kus in hegtenis geneem op klagte van bedrog en is elk borg van 10 000 Namibiese dollar toegestaan. Die twee het na bewering tandheelkundige prosedures uitgevoer, soos stopsels, draadjies en tandvervangings in kliënte se slaapkamers en leefvertrekke in Windhoek, Walvisbaai, Swakopmund en Otjiwarongo, sonder enige kwalifikasies of registrasie by die Namibiese Tandheelkundige Raad.