Tamson se borgaansoek uitgestel, hy moet wag tot 10 Oktober

Dit wil voorkom asof Tamson Hatuikulipi nog ‘n geruime tyd agter tralies sal wees. Hoërhofregter David Munsu het vanoggend sy aansoek tot 10 Oktober uitgestel en die saak neergelê vir die week om die verhoor voort te sit.

Die aansoek tot dusver is gekenmerk deur Hatuikulipi wat of sê hy weet nie of eenvoudig weier om vrae te beantwoord.