Nam-vakbond eis betaling van TAAG-werkers wat afgelê is

Die Namibiese Vervoer- en Verwante-werkers Vakbond het sy teleurstelling uitgespreek in die bedrywighede van die Angolese redery TAAG. Die redery het al sy Namibiese werknemers afgelê met ‘n ooreenkoms wat met die vakbond onderteken is. Maar, Natau sê die werkers is nog nie betaal ingevolge die pakkette wat ooreengekom is nie.