Alle landbouskrywers, gee aandag hier!

Dit is weer tyd vir die Farming Portal/Agricultural Writers Suid-Afrika se junior toekennings wat poog om akkurate stories en die oordra van inligting binne die landbousektor aan te moedig. Die kompetisie poog ook om ‘n platform te skep waar studente van landbou of joernalistiek hul werk kan publiseer. Die kompetisie sluit op 30 Oktober 2022 en wenners sal voor 30 November 2022 aangekondig word. Johann Pretorius, CRA Media se uitvoerende hoof gesels met Kosmos 94.1 Nuus.