DA eis ondersoek na ongekwalifiseerde bestuurders

Die DA sê die Staatsdienskommissie het met ‘n ondersoek begin na meer as 2 000 senior bestuurders wat posisies beklee waarvoor hulle geen kwalifikasies het nie. Die party het ‘n skriftelike versoek vir die ondersoek aan die kommissie gerig. Mimmy Gondwe van die DA sê van die 2 364 senior bestuurders wat sonder kwalifikasies in diens geneem is, is 1 819 aangestel voor die Staatsdiensregulasies van 2016 van krag geword het.