Tamatiekoors: Lande moet gereed wees vir nuwe virusse

‘n Namibiese dokter het gereageer op ‘n nuwe virus genaamd tamatiekoors wat in Indië uitgebreek en tientalle kinders besmet het. Die infeksie is in Mei in die suidelike deelstaat Kerala opgemerk en daar word gevrees dat dit ‘n nuwe variant van hand-, voet- en mondsiekte is. Kenners ondersoek ook of dit die newe-effek van ‘n muskiet-oordraagbare infeksie is, maar hulle het nie ‘n heeltemal nuwe patogeen uitgesluit nie. Die voormalige Namibiese gesondheidsminister, dr. Bernard Haufiku, sê aan Kosmos 94.1 Nuus as ‘n land moet ons voorbereid wees op nuwe virusse sodat ons nie onkant betrap word nie.