Krieket: Bazzball toe nie ‘n towerwoord

Krieket: Nadat die Proteas Engeland binne drie van die geskeduleerde vyf dae op Lord’s met ʼn beurt en 12 twaalf lopies afgestof het, vra baie kenners nou: waaroor was die bohaai onder die tuisspan oor die sogenaamde “Bazball”? Die meedoënlose aanslag van die Protea-boulers het twee keer die veelgeroemde Engelse kolflys uitgeknikker en die Proteas het die botoon gevoer.  Feit is, “Bazball” is duidelik nie ʼn towerwoord wat jou onoorwinlik maak nie. Die Engelse sal eers die basiese goed in krieket reg moet doen: Boul jou teenstanders uit en teken meer lopies as hulle aan.