Enyobeni-tavernebestuurder se saak uitgestel

Die landdroshof in Oos-Londen het die saak teen die bestuurder van die Enyobeni-taverne tot 2 September uitgestel. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag se streekswoordvoerder, Luxolo Tyali, staan die 52-jarige Siyakwamkela Ndevu tereg op aanklagte van die verkoop van alkoholiese drank aan persone onder die ouderdom van 18 jaar. Hy het ook glo werknemers en agente toegelaat om alkohol aan persone onder die ouderdom van 18 jaar te verkoop, te verskaf of af te lewer. Altesaam 21 jongmense is in Junie dood in die taverne aangetref.