Talle SA maatskappye is slagoffers van massiewe kuberaanval

Talle Suid-Afrikaanse maatskappye is blykbaar onder die slagoffers van ‘n massiewe kuberaanval in 17 lande. Die krakers is geïdentifiseer as ‘n Russiese groep, REvil, wat ‘n losprys van een miljard Namibiese in Bitcoin eis. Suid-Afrikaanse media berig dat die aanval kwesbare plekke in IT-bestuur-programmatuur uitbuit wat deur die Amerikaanse firma Kaseya vervaardig is. Die lande wat geraak word, sluit ook Amerika, Kanada, Argentinië, Mexico en Spanje in. Amerika se president, Joe Biden het opdrag gegee dat ‘n deeglike ondersoek gedoen word.