Publiek gemaan om Covid-maatreëls midde teenwoordigheid van Delta-variant na te kom

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het bevestig die Delta-variant van die Covid-virus is nou in Namibië teenwoordig. Shangula sê hierdie variant versprei geweldig vinnig en dit veroorsaak die hoë sterftesyfer. Hy sê die publiek moet die huidige Covid-maatreëls gehoorsaam, want hulle kan lewens spaar.