Mangosutho Buthelezi kwaad oor betogers by Nkandla

Prins Mangosuthu Buthelezi is kwaad vir die mense wat na Nkandla in KwaZulu-Natal gegaan het om te betoog nadat oudpresident Jacob Zuma tot 15 maande tronkstraf gevonnis is. Die Konstitusionele Hof het die straf opgelê nadat hy ‘n hofbevel geïgnoreer het om by die staatskapingskommissie te verskyn. Buthelezi het aan die media gesê hy beskou die betogings as hoogverraad. Hy sê die mense wat by Nkandla betoog, daag die staat en alle wetsgehoorsame burgers uit.