Talle onwettige vuurwapens tydens Amnestiemaand ingehandig

Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het vandag die syfers bekend gemaak van onwettige vuurwapens wat tydens Amnestiemaand in September ingehandig is. Altesaam 126 pistole, 97 haelgewere, 22 rewolwers, 327 gewere, een masjiengeweer en 24 334 ammunisie is ingehandig.