Amerika laat versterkdosisse van ander Covid-enstowwe toe

Amerika se voedsel- en medisyne-administrasie, die FDA, gaan mense toelaat om as versterkdosis ‘n ander Covid-inspuiting te kry as die een wat hulle vroeër ontvang het. Volgens ‘n verslag sal die “meng en pas”-benadering meer buigsaamheid toelaat vir dié wat die inspuitings moet toedien. Die FDA het tot dusver die gebruik van Moderna en Johnson & Johnson se versterkdosisse goedgekeur. Federale owerhede sal na verwagting hierdie week die aantal mense wat hiervoor kwalifiseer, uitbrei.