Gesondheidsministerie sê programme is in plek vir tienerswangerskappe

Reaksie is ontvang van die gesondheidsministerie oor die hoë tienerswangerskapsyfer in die Kavango-Oos-streek. Tienerswangerskappe in dié streek is volgens die senior onderwysbeampte Adolf Muremi ‘n groot probleem met 520 tienerswangerskappe wat verlede jaar in aangemeld is. Hy het gesê van die 520 meisies, is 423 steeds op skool en 97 meisies het skool verlaat. Thomas Ukola van die direktoraat van maatskaplike programme in die gesondheidsministerie sê aan Kosmos 94.1 Nuus programme is in plek vir tienermeisies.