Nog spesiale ekonomiese sones vir Noorde beplan

Die Namibiese handelsministerie is besig om die instelling van ‘n spesiale ekonomiese sones-regime te finaliseer. Volgens die minister, Lucia Iipumbu sal die sones die ontwikkeling van klusternywerhede toelaat om die probleem van skaalekonomieë te help verbeter, veral in landelike gebiede. Sy sê dat, vanuit ‘n beleidsperspektief, sal die sones ook ‘n belangrike ekonomiese spilpunt soos Ondangwa-Ongwediva-Oshakati help om geleenthede soos kunsmis- en veevoervervaardiging te oorweeg om landbouverwerking in die streek te help versterk. Verskeie parke vir SME’s sal ook in Oshakati opgerig word. Iipumbu voeg by dat marktoegang altyd moeilik is maar, die vryhandelsooreenkoms vir die vasteland vergemaklik die uitdaging.