Talle moai verwoes in brand by Easter-eiland

‘n Veldbrand op Easter-eiland, het talle van sy ikoniese klipfigure, bekend as moai, verkool. Die brand het volgens berigte in die Rapa Nui nasionale park, 3 500 kilometer van die weskus van Chili, gewoed en onherstelbare skade aan die gebied, wat ‘n Unesco erfenisgebied is, aangerig. Die vuur het reeds Maandag begin. Rapa Nui het meer as 1 000 klipbeelde – reuse-koppe wat vermoedelik die eerste keer in die 13de eeu deur die eiland se oorspronklike inwoners uitgekerf is. Die gebied rondom die Rano Raraku-vulkaan is glo die ergste geraak met die van figure wat oopgebars het.