Skrap van e-tol in Gauteng sal prioriteit wees

Die nuutaangestelde Gautengse LUR vir Vervoer en Logistiek, Kedibone Diale, sê haar departement sal e-tol-sake versnel en voorop stel. Sy sê sy moet nog tyds-raamwerke uitwerk om hierdie taak te vervul. Die nuwe premier, Panyaza Lesufi, het laat Vrydag die lede van sy nuwe kabinet aangekondig en dit duidelik gemaak die provinsie is ernstig om weg te doen met die e-tol-stelsel. Diale sê om die e-tol-stelsel te skrap is ‘n jarelange plan van die provinsie: