Lions klop Edinburgh 22-19

Die Lions het Edinburgh Vrydagaand met 22-19 geklop in hulle Verenigde Kampioenskaps-wedstryd in die Skotse hoofstad. Die Johannesburgse span het nou drie van sy vier wedstryde dié seisoen gewen. Edinburgh het vroeër ook teen die Bulls en die Stormers in Suid-Afrika verloor. Vanmiddag om vieruur speel die Stormers teen  Zebre in Parma, Italië, en dan pak die Sharks en Leinster mekaar in Dublin, Ireland. Die Bulls en Glasgow kom vanaand teen mekaar te staan in Skotland.