Talle eiendomme teruggevra by die Mosiehof

Daar was vanoggend 103 aansoeke om verstekvonnisse, sowel as reël 108 aansoeke voor Regters Essie Schimming Chase en Collins Parker. Van die aansoeke was nie beskikbaar nie as gevolg van hofnommers wat foutief gedruk is maar van die sake wat beskikbaar was, was onbetaalde eiendom die oorsaak van die meerderheid van sake. In een geval het ‘n kommersiële bank ‘n eiendom met uitstaande skuld van 2,3 miljoen doller en ‘n oortrokke rekeningfasiliteit van 3,5 miljoen doller opgeëis. Daar as 11 reël 108 aansoeke waarvan 7 deur banke gebring is met 8 eiendomme wat onbetaald is. Die waarde van die uitstaande skuld in die aansoek beloop 9,5 miljoen doller. Die rol vir Maandag se sitting van die Mosiehof was nie beskikbaar nie.