Job wil Rooilyn in hof betwis

Die Burgemeester van Windhoek Job Amupanda wil die Ministerie van Landbou hof toe sleep oor die verwydering van die veterinêre kordonheining. Dit volg na vleis wat hy in Omuthiya gekoop het, Maandag by die Oshivelo-padblokkade gekonfiskeer is.