SANParke se brakke se pensies is vol

SANParke se Ereveldwagters in die Oos-Kaap kan nou ‘n item op die Addo-olifantpark se wenslysie doodkrap. Die Southern Cross-veeartseny-kliniek in Gqeberha het ‘n jaar se hondekos geborg vir die vier teen-stropingshonde in SANParke se K9-eenheid in die park. Een van die veeartse, Lené Nel, het spesiaal Addo besoek om die honde te ontmoet. Takke van die ereveldwagters in elke gebied kry jaarliks ‘n wenslysie van ‘n reservaat wat hulle kan probeer vervul.