NBC werknemers op Otji kry kos donasie

Die 12 werknemers van die NBC op Otjiwarongo het ‘n voedsel donasie van die Otjiwarongo raadslid Marlayn Mbakera ontvang. Nuusagentskappe berig dat die 12, wat deelgeneem het aan die onlangse staking sonder enige betaling, sê dat hulle baie swaar kry. Mbakera het 13 sakke mieliemeel, olie, blikkies vis en blikkies vleis aan die groep oorhandig. Sy sê die goewerneur se kantoor het hulle bygestaan om die skenking moontlik te maak. Die woordvoerder van die NBC Umbi Karuaihe-Upi sê hulle is nie bewus van enige skenking nie maar het bygevoeg dat die personeel geweet het hulle staak sonder enige betaling.