Rugby: Verlamde Ivoorkus-speler sterf

Rugby: ‘n Speler van Ivoorkus wat verlam is tydens 1995 se Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika, is dood in die ouderdom van 54. Die vleuel Max Brito is beseer tydens ‘n groepwedstryd teen Tonga in Rustenburg. Die flank Inoke Afeaki het hom geduik, waarna verskeie spelers op hom geval het. Twee van Brito se rugwerwels is vergruis. Hy kon ondanks verskeie operasies net sy kop en bolyf beweeg, en het beperkte beweging in sy arms gehad. Brito het in 2020 tydens ‘n onderhoud gesê hy het uiteindelik sy lot aanvaar ná ‘n geestelike omwenteling.