Sarel is vol vertroue vir vandag op Lord’s

Die Suid-Afrikaanse aanvangskolwer, Sarel Erwee is vol vertroue voor die derde dag van die eerste toets teen Engeland vandag op Lord’s. Erwee het gister 73 aangeteken toe die Proteas 289 vir sewe in die eerste beurt aangeteken het, ʼn voorsprong van 124 lopies. Kagiso Rabada het vyf paaltjies geneem, die 12de keer in sy toetsloopbaan terwyl die besoekers die tuisspan vir 165 uitgeknikker het. Volgens Erwee het hulle nou momentum: