Taksidermies hard geslaan deur derde vlaag

Die impak op toerisme en die Namibiese jagbedryf is herhaaldelik in die media gedra en beheerliggame en federasies het gereeld met owerhede vergader in die verband. Maar, die taksidermie-bedryf het geen beheerliggaam of oorkoepelende vereniging nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Silke Bean van Ingwe Wildlife Art in Okahandja gesels oor hulle uitdagings die afgelope jaar.