Bloedbanke is oral, nes hier, leeg

Internasionale nuusagentskappe berig dat daar bloedtekorte regoor die wêreld voorkom en bloedbanke sukkel. Daar is talle lande wat byvoorbeeld nie toelaat dat persone wat pas ingeënt is bloed skenk nie en die herhaaldelike vlae en inperkings beperk skenkings. In Europa is daar ook kommer oor of persone wat nie ingeënt bloed hoegenaamd mag skenk. In Namibië is daar nie talle erge maatreëls in verband met skenkings nie en tog, ervaar die plaaslike bloedoortappingsdiens herhaaldelik tekorte aan voorraad. Kosmos 94.1 Nuus het met Titus Shivute van die plaaslike oortappingsdiens gepraat.