N$56,5 miljoen by mosiehof opgeëis

Die mosiehofsessie in die hoofstad het vanoggend 105 aansoeke om verstekvonnisse aangehoor. Vyftig is deur kommersiële banke gebring. Daar was ‘n totaal van 24 reël 108 aansoeke. Ses voertuie is teruggevra en lenings met uitstaande skuld van 16,9 miljoen Namibiese dollar is opgeëis. ‘n Totaal van 27 eiendomme met 39,6 miljoen dollar wat betaalbaar is, word teruggevra. Regters Kobus Miller en Thomas Masuku het die sessies hanteer. Die rol vir Maandag se sessie is nie beskikbaar nie.