Taksidermie-bedryf besig om te herstel

Die taksidermie-bedryf in Namibië is besig om te herstel nadat hulle die impak van die Covid-epidemie op die ekonomie gevoel het. Die toerisme- en jagbedryf is in Namibië en regoor die wêreld geraak wat ‘n drastiese impak op hulle gehad het. Met die beskikbaarheid van entstowwe en Covid-regulasies wat heeltemal verslap is, ervaar Namibië ‘n toename van toeriste. Silke Bean van Ingwe Namibia, ‘n maatskappy wat in taksidermie spesialiseer, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sake raak beter.