ANC sal Interpol vir tweede rooi kennisgewing moet vra oor Gupta-broers

Accountability Now se direkteur, Paul Hoffman,  sê Suid-Afrikaanse owerhede sal Interpol nou moet oortuig om ‘n tweede rooi kennisgewing vir die Gupta-broers uit te reik. Dit volg nadat die  Verenigde Arabiese Emirate Suid-Afrika se versoek om Atul en Rajesh Gupta uit te lewer, verwerp het. Die broers word in Suid-Afrika gesoek in verband met bedrog en geldwassery wat met die Estina-suiwelskandaal verband hou. Hoffman sê indien Suid-Afrika wil ernstig raak oor grootskaalse korrupsie, sal die regsadministrasiestelsel herstel moet word.