Tabakhandel in SA steeds vrot van die misdaad

Die Suid-Afrikaanse regering se opheffing van die verbod op tabakverkope 18 maande gelede het min gedoen om onwettige handel se snelle groei te bekamp. Dit is volgens ‘n nuwe studie deur die onafhanklike marknavorser, Ipsos. Volgens die studie verkoop 80 persent van handelaars in die Wes-Kaap en 70 persent in Gauteng sigarette onder die minimum invorderbare belastingkoers. Die getal motorhawe-voorpleine wat onwettige sigarette verkoop, het viervoudig toegeneem. British American Tobacco South Africa sê die belasting wat hierdeur verlore gaan, kos die fiskus jaarliks sowat 19 miljard Suid-Afrikaanse rand.