Tabakbedryf is in die sop

Die tabakbedryf in Suid-Afrika beleef volgens die bedryfsliggaam, South Africa Tobacco Transformation Alliance, ‘n donker en moeilike tyd. Die organisasie sê volgens die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, is die handel in onwettige sigarette buite beheer en is dit in meer as 50 persent van die land se winkels teen ‘n beduidend laer prys beskikbaar. Die alliansie sê dit het tot gevolg gehad dat meer as 30 tabakboere in Limpopo en Mpumalanga hulle ondernemings verloor het omdat daar nie ‘n groot genoeg vraag na hulle tabak is nie.