Tabak raak al hoe meer twak

Sestig lande is tans op koers na die vrywillige wêreldwye mylpaal om tussen 2010 en 2025 ‘n afname van 30 persent in tabakverbruik te bereik. Twee jaar gelede wat net 32 lande op daardie vlak. Die inligting kom uit die Wêreldgesondheidsorganisasie se vierde verslag oor tabakverbruik. Daar is wêreldwyd 1,3 miljard tabakgebruikers in vergelyking met 1,32 miljard in 2015. Van die belangrikste bevindings in die verslag is dat 22,3 persent van die wêreldbevolking verlede jaar tabak verbruik het en sowat 38 miljoen kinders tussen 13- en 15-jaar oud, verbruik tans tabak. Hiervan is 13 miljoen meisies en 25 miljoen seuns.