T20 Wêreldbeker-trofee kuier in Namibië

Krieket Namibië is van vandag tot 21 September die gasheer vir die T20 Wêreldbeker-trofee. Die trofee sal ten toon gestel word by verskeie toeriste aantreklikhede regoor die land en die program sal op Krieket Namibië se sosiale media-platforms gedeel word. Johan Muller Krieket Namibië se uitvoerende hoof sê die land sal ook bevorder word.