Stewige rentekoersverhoging in VSA verwag

Die Amerikaanse Federale Reserweraad sal vandeesweek nog ‘n stewige verhoging in die rentekoers aankondig met die jongste data wat ‘n kommerwekkende prentjie oor inflasie in Amerika skets. Stygende pryse het die jaarlikse inflasie tot die hoogste in 40 jaar laat styg. Gesinne kry swaar met stygende pryse wat aanvanklik deur groter vraag veroorsaak is toe die grootste ekonomie in die wêreld hom losgewikkel het uit die pandemie te midde van verskaffingsprobleme. Die situasie word vererger deur Covid-19-inperkings in China en stygende energie- en voedselpryse weens Rusland se oorlog in Oekraïne.