Henk Mudge sê Netumbo is beste van Swapo se kandidate

Reaksie word ontvang op Swapo se nominasie-proses vir sy adjunk-president, wat die presidensiële kandidaat vir die 2024-verkiesing sal wees. Die party se sentrale komitee kom tussen 24 en 28 November byeen om die proses te finaliseer. Die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge, sê daar is baie vrae oor die kandidate.

Hy sê Netumbo Nandi-Ndaitwah is die beste kandidaat, die ander stel teleur.