T20: Proteas sal vandag alles uithaal

Die Protea-kaptein van die beperkte-boulbeurtformaat, Temba Bavuma, het belowe dat sy span alles sal uithaal in vandag se aanvangswedstryd teen Zimbabwe in die T20-wêreldbeker op die Bellerive Oval in Australië. Bavuma beleef tans ‘n laagtepunt wat vorm en kolfkoers betref. Hy is in sy laaste vyf kolfbeurte twee keer vir ‘n nulletjie uitgehaal en in sy laaste 13 wedstryde kon hy nie een keer 50 lopies behaal nie. Hy sê egter hy verstaan die druk waaronder hy as speler en kaptein is: