Hof wag op uitslae van Maree se evaluering

Die hoërhof wag vir die uitslae van die psigiatriese evaluering van die vermeende pedofiel, Johan Maree. Maree staar 75 klagte, waaronder verkragting, seksuele misbruik en kinderpornografie, in die gesig. Hy word daarvan verdink dat hy minderjarige seuns, onder die vaandel van modelwerk, misbruik het. Maree, ‘n voormalige polisie-reservis moet deur twee psigiaters evalueer word voor sy verhoor kan begin. Die saak is tot 17 November uitgestel deur regter Christie Liebenberg.